Skip to content
Home » Rooksein

Rooksein

Hierdie Afrikaanse popgroep van Potchefstroom, Suid-Afrika, is vroeg in 2018 gestig. Rooksein is ‘n drietal wat bestaan uit Megan Danner, Dian André Maritz en Renier van der Westhuizen. Dit was Van der Westhuizen, die liedjieskrywer, wat die ander twee by die Puk se talentfees raakgesien het.

Later het die groep by Universal Music aangesluit. In 2022 het hulle die album Die Onbekende uitgereik, met liedjies soos Kyk Na My Hart, Genade Nader en die treffer 10 Uit 10.

Vir Apple Music het die trio ook ‘n Home Session opgeneem. In 2026 het Rooksein & Vriende verskyn, en Halfpad is saam met Early B opgeneem.

Bronne: Maroela Media, Apple, Last

Music

Rooksein – Wie Anders

In 2026 het die Afrikaanse groep Rooksein hul liedjie 'Wie Anders' by Universal Music (Pty) Ltd South Africa uitgereik.

Updated