Die video kortliks
Tarryn Lamb sing die Afrikaanse popliedjie Waar Lei Jou Hart
Lekker popliedjie met ‘n Latyns-geïnspireerde ritme
Dit is die amptelike musiekvideo vir die liedjie
Nommer 31 op Apple Music se TOP 100 Afrikaanse Treffers
Met Waar Lei Jou Hart bied Tarryn Lamb ‘n opgewekte Afrikaanse popliedjie met ‘n Latyns-geïnspireerde ritme. Die sangeres het dit gemaak vir somernagte, dans en verliefraak, en vir die gevoel om onderweg effens verlore te raak. Die nuwe snit is ook op Spotify en ander stroomdienste beskikbaar.
Nou het die liedjie ‘n amptelike musiekvideo gekry. Op Apple Music se TOP 100 Afrikaanse Treffers in Suid-Afrika staan dit tans op nommer 31.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Enjoyed this story? We need your help.
Add Saffarazzi as a preferred source. You’ll see more of our stories on Google, and you’ll help us grow.