Skip to content
Home » Jack Parow

Jack Parow

Afrikaanse rapper en sanger uit Parow in Kaapstad, Suid-Afrika, wat as een van die gewildste Afrikaanse hiphopkunstenaars in die land beskou word. Agter die verhoognaam Jack Parow staan Zander Tyler.

Hy wou al van sy laerskooldae af rap, en hoewel hy eers in Engels begin het, het hy gou besluit dat hy Afrikaans verkies. Sy deurbraak was die liedjie Cooler as Ekke laat in 2009.

Daarna volg die studioalbums Jack Parow, Eksie Ou, wat op sy eie etiket Parowphernalia verskyn het, Nag Van Die Lang Pette en Die Hoe Ons Rol. In 2015 is ‘n biografie oor sy lewe uitgegee, Die Ou Met die Snor by die Bar.

Bronne: Wikipedia, Org

Advertisement