Skip to content
Home » Ricus Nel

Ricus Nel

Hierdie Suid-Afrikaanse countrysanger, liedjieskrywer en multi-instrumentalis uit Rustenburg bespeel dertien instrumente. Ricus Nel se Afrikaanse musiek is gewortel in country, met invloede uit pop en rock.

Sy debuutalbum, Sak en Pak, het in 2011 by Select-musiek verskyn. Daarna het Sout van die Aarde in 2013 gevolg, en in 2014 Sing Don Williams en ander Country legendes.

Dieselfde jaar het hy saam met Air Supply by die Grand West Arena in Kaapstad op die verhoog gestaan. Deesdae is die sanger bekend vir lighartige enkelsnitte soos Roer My en vir samewerkings met Snotkop, Eloff, Appel, Riaan Benadé en Bok van Blerk.

Bronne: Wikipedia, Bands, Apple

Advertisement