
- Ricus Nel en Riaan Benadé sing saam
- ‘308’ is ‘n Afrikaanse popliedjie oor jaggewere
- Amptelike musiekvideo deur Eric en Tehan van ETG Creative
- Nr. 72 op Spotify se TOP 100 Afrikaanse Treffers
- Nr. 69 op Apple Music se TOP 100 Afrikaanse Treffers
In ‘308’ span Ricus Nel en Riaan Benadé saam vir ‘n Afrikaanse popliedjie wat met ‘n knipoog na die jagveld kyk. Die twee sangers loop ‘n hele reeks bekende jaggeweerkalibers deur en kom telkens tot die slotsom dat niks soos die 308 jag nie. Die duo wens hul aanhangers ook ‘n lekker jagseisoen toe.
Die amptelike musiekvideo is deur Eric en Tehan van ETG Creative gemaak, met danschoreografie deur Georic Lomas en Marco van Deventer wat met sy gesigsuitdrukkings ‘n rol speel. Die wapenwinkel Lock&Load het hul deure vir die opnames oopgemaak. In Suid-Afrika staan ‘308’ tans op nommer 72 op Spotify se TOP 100 Afrikaanse Treffers en op nommer 69 op Apple Music se TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Enjoyed this story? We need your help.
Add Saffarazzi as a preferred source. You’ll see more of our stories on Google, and you’ll help us grow.




