- Afrika Son lewer die liedjie Droomsindroom
- Amptelike musiekvideo vir dié indie-pop-rock-snit
- Ruben van Vuuren regisseer, verfilm en redigeer
- Hommeropnames deur Jacques Enslin
Met Droomsindroom bied die groep Afrika Son ‘n trotse Suid-Afrikaanse snit aan wat indie, pop en rock meng. Volgens die orkes hoort die liedjie kliphard gespeel te word by ‘n braai, ná ‘n Springbok-oorwinning of op ‘n lang padreis see toe. Dit het op 2 September 2022 die lig gesien.
Die amptelike musiekvideo is deur Ruben van Vuuren geregisseer, wat ook as kameraman en redigeerder opgetree het. Jacques Enslin het die hommeropnames behartig. Thabo Khumalo en Thomas (Riempie) Mosehla verskyn as taxibestuurders.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.