- Winter Hotel bring die liedjie “Flikker” uit
- Deel van Winter Hotel se eerste kort-album “Winter”
- Amptelike musiekvideo vir dié indie-popliedjie
- Kirsten Schlebusch en Jannes Erasmus behartig kamerawerk en redigering
“Flikker” is ‘n indie-popliedjie van Winter Hotel en verskyn op die groep se eerste kort-album, “Winter”. Die liedjie gaan oor daardie klein vonkie wat aanhou brand, selfs wanneer dinge rondom jou donker of koud word.
Die amptelike musiekvideo is verfilm deur Jannes Erasmus en Kirsten Schlebusch, wat ook saam die kreatiewe redigering en volgordebepaling gedoen het. Schlebusch was verder verantwoordelik vir die kleurgradering. Chantel Schnetler het die klere ontwerp en die plek gekies, terwyl Bernice Erasmus en Kyle Schlebusch die finale kreatiewe bydrae gelewer het.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.