- Francois van Coke en Hunter Kennedy sing saam
- Aksie Braai is ‘n pop- en rockliedjie
- Amptelike musiekvideo onder regie van Adriaan Lab
- Richard Onraet het die liedjie vervaardig
- Nommer 23 op Apple Music se Afrikaanse Treffers
Aksie Braai is ‘n nuwe liedjie van Francois van Coke en Hunter Kennedy, wat albei die sang behartig. Hulle het die pop- en rocknommer saam met Richard Onraet geskryf, wat ook kitaar en baskitaar speel, saamsing en die liedjie vervaardig het. Anjulie de Vos speel tjello en Peirre de la Porté tromme. Dane Taylor het die klank gemeng en Tim Lengfeld die bemeestering gedoen.
Die amptelike musiekvideo is deur Adriaan Lab geregisseer, met Carlo Smit as vervaardiger en Jacques van Rensburg as kameraregisseur en redigeerder. Die span bedank onder meer Jägermeister Suid-Afrika vir hul steun. Aksie Braai staan tans op nommer 23 op die Apple Music TOP 100 Afrikaanse Treffers in Suid-Afrika.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.