- Frieda van den Heever en Die Heuwels Fantasties
- Bon Voyage is die eerste enkelsnit van Spoorsny
- Spoorsny is Frieda se eerste album
- Vervaardig deur Pierre Greeff en Fred den Hartog
Bon Voyage is ‘n popsong van Frieda van den Heever saam met Die Heuwels Fantasties, en die eerste enkelsnit van Spoorsny, Frieda se eerste album. Dit was die heel laaste liedjie wat sy geskryf het voordat die album opgeneem is. Pierre Greeff en Fred den Hartog het die song vervaardig.
Die liedjie gaan oor die kortstondige troos wat in ontsnapping uit die harde werklikheid lê, oor die stryd om te oorleef en die droom om te kan vlieg. Dit is ook ‘n klein huldeblyk aan Underworld se Born Slippy uit 1996 en aan die film Trainspotting, waarin Frieda die snit vir die eerste keer gehoor het.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.