- Loki Rothman en Die Heuwels Fantasties sing saam
- Die liedjie heet “Nog Een”
- Indie- en popnommer in Afrikaans
- Musiekvideo geregisseer deur Damiane van Reenen
- Marguerite van Eeden het die video vervaardig
“Nog Een” is ‘n samewerking tussen Loki Rothman en Die Heuwels Fantasties. Die Afrikaanse liedjie val tussen indie en pop en handel oor iemand wat nog ‘n drankie bestel om ‘n verlore liefde uit sy kop te kry. Daar is ook ‘n enkelsnitweergawe van die liedjie beskikbaar wat aanlyn gestroom kan word.
Die musiekvideo is op 20 Julie 2023 uitgereik. Damiane van Reenen het die video geregisseer en was ook verantwoordelik vir die kinematografie. Marguerite van Eeden was die vervaardiger, met Emma Wiehman as assistent.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.