Die video kortliks
Lucas Maree en Jaco van der Merwe sing saam
Nuwe weergawe van Ek sou kon doen met ‘n miljoen
Jaco van der Merwe voeg rapverse by
Liedjie kombineer hiphop en pop
Met Miljoen kry ‘n bekende Afrikaanse liedjie ‘n nuwe baadjie. Jaco van der Merwe het ‘n paar rapverse bygevoeg tot Lucas Maree se klassieker, Ek sou kon doen met ‘n miljoen. Die twee sangers bring so vars lewe in ‘n lied wat lankal in volksbesit is, terwyl Maree se kenmerkende karakter steeds daarin behoue bly. Hiphop en pop smelt hier saam.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.