
- Skemer bring die nuwe liedjie Stroomop uit
- Stroomop is ‘n country- en popliedjie
- Amptelike musiekvideo deur Gerduan Kemp geregisseer
- Nommer 91 op Apple Music se Afrikaanse Treffers
Country en pop word saamgesnoer in Stroomop, die nuwe Afrikaanse nommer van Skemer. Die liedjie verskyn onder Select Music, ‘n afdeling van Sony Music Entertainment Africa. Stroomop is ‘n liefdeslied oor iemand wat teen die stroom in volg, al is die pad nie maklik nie, en dit staan tans op nommer 91 op die Apple Music TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Die amptelike musiekvideo is deur Gerduan Kemp Productions gemaak. Gerduan Kemp was die regisseur en kameraman en het ook self die kleurgradering gedoen. Richardt Oliver was greep- en produksie-assistent, en die twee het die video saam geredigeer.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Enjoyed this story? We need your help.
Add Saffarazzi as a preferred source. You’ll see more of our stories on Google, and you’ll help us grow.



