
- JACOBUS sing die nuwe liedjie Verby Dans
- ‘n Country- en popliedjie geskryf deur Jacobus Steyn
- Paulo Azevedo het die liedjie vervaardig, gemeng en bemeester
- Nommer 2 op Apple Music se Afrikaanse Treffers
- Nommer 14 op Spotify se Afrikaanse Treffers
In die country- en popliedjie Verby Dans behartig JACOBUS self die hoof- en agtergrondsang. Jacobus Steyn het die musiek en woorde geskryf. Paulo Azevedo het die liedjie vervaardig, gemeng en bemeester, met Kai Azevedo op die tromme, Ricus Nel op baskitaar en Ruan Graaff op akoestiese en elektriese kitaar. Graaff het ook aan die klankmenging gewerk.
Die liedjie verskyn onder die vaandel van Coleske Group. In Suid-Afrika staan Verby Dans tans op nommer 2 op die Apple Music TOP 100 Afrikaanse Treffers en op nommer 14 op die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Enjoyed this story? We need your help.
Add Saffarazzi as a preferred source. You’ll see more of our stories on Google, and you’ll help us grow.



