- Droomsindroom stel hul nuwe liedjie Vir Die Son bekend
- Amptelike musiekvideo met beeldmateriaal van die Droomland-fees
- Peach van Pletzen het die liedjie vervaardig
- Verfilm deur Amoure Adendorff en die Schlebusch-broers
Vir Die Son is die nuwe liedjie van Droomsindroom, wat hul klank tussen indie, pop en rock plaas. Die liedjie gaan oor die klein dinge wat die lewe betekenis gee: die mense vir wie ons lief is, ons geloof en die oomblikke wat lig en warmte in ons lewens bring. Peach van Pletzen het die musiek vervaardig.
Die amptelike musiekvideo is verfilm deur Amoure Adendorff, Kyle Joshua Schlebusch en Kirsten Richard Schlebusch, en sluit beeldmateriaal van ‘n optrede by die Droomland-fees in, geskiet deur Eric T. Graham. Kirsten Richard Schlebusch was ook verantwoordelik vir die redigering en kleurgradering van die video.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.