Die video kortliks
Chantelle Combrinck sing en skryf haar eie liedjie
Jy Steel My Asem is ‘n Afrikaanse popliedjie
Amptelike musiekvideo met Ruhan Ferreira as akteur
Christo Erasmus het die video vervaardig en geregisseer
Met die popliedjie Jy Steel My Asem bied Chantelle haar eie werk aan, want die sangeres, voluit Chantelle Combrinck, het die liedjie self geskryf. Sy neem ook die sang behartig. Die snit is in 2014 saam met ‘n amptelike musiekvideo uitgereik.
Christo Erasmus van Crescent Storm Productions het die video vervaardig, geregisseer en self verfilm. Anton Swanepoel was assistentregisseur, terwyl Corrie Uys na die beligting omgesien het. In die toneelspel verskyn die kunstenares saam met Ruhan Ferreira, en Carmen Combrinck het die hare en grimering gedoen.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.