- Die Heuwels Fantasties saam met Coenie de Villiers
- Hul weergawe van Lucas Maree se VICTORIABAAI
- Eerste enkelsnit van die album Volume II
- Amptelike musiekvideo geregisseer deur Damiane van Reenen
Met VICTORIABAAI bring Die Heuwels Fantasties, saam met Coenie de Villiers, hul eie weergawe van die liedjie wat Lucas Maree geskryf het. Die groep beskou dit as ‘n huldeblyk aan Maree. Dis ook die eerste enkelsnit van Volume II, die album wat vir 2022 aangekondig is. Jurgen het die opname by Sunset Studios behartig, terwyl Fred by The Nothing Club vir die produksie gesorg het.
Damiane van Reenen het die amptelike video geregisseer en self ook die redigering en nabewerking gedoen. Agter die kameras het hy saam met Johannes Pieter Nel en Ebert gewerk. Die video het op 24 Desember 2021 verskyn.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.