- Brendan Peyper sing sy liedjie “Madelein”
- Amptelike musiekvideo vir die country-popliedjie
- Eric T Graham het die video verfilm, geregisseer en gesny
- Theané Willemse vertolk die vroulike hoofrol
- Nommer 55 op Apple Music TOP 100 Afrikaanse Treffers
“Madelein” is ‘n Afrikaanse liedjie van Brendan Peyper wat country, indie en pop saamsnoer. Die amptelike musiekvideo is op 4 April 2024 uitgereik. Eric T Graham het as regisseur opgetree en was ook verantwoordelik vir die kamerawerk en redigering, met Tehan Buys as vervaardiger.
Theané Willemse speel die vroulike hoofrol in die video. Stephan van Huyssteen was namens Sony Music Entertainment Africa die uitvoerende vervaardiger. In Suid-Afrika staan “Madelein” tans op nommer 55 op die Apple Music TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.