- Die Heuwels Fantasties met hul nuwe liedjie Elsie
- Indie- en popliedjie oor ‘n vrou genaamd Elsie
- Musiekvideo geregisseer deur Sheldon Yoko
- Carlo Smit was die video se vervaardiger
- Nommer 54 op Apple Music se Afrikaanse Treffers
Elsie is die nuwe liedjie van Die Heuwels Fantasties. Die nommer val tuis in indie en pop, en vertel van Elsie, ‘n vrou wat agter die kroeg werk en in ‘n klein dorpie bly, en van die verlange na die geselsies wat die verteller met haar gehad het.
Die musiekvideo is geregisseer deur Sheldon Yoko, wat ook die kamerawerk en redigering behartig het. Carlo Smit was die vervaardiger, met Matthew Fuller as beligter en tweede kameraman en Dirk Coetsee as produksie- en redigeringsassistent. Elsie staan tans op nommer 54 op die Apple Music TOP 100 Afrikaanse Treffers.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.