- Jonk en Danig se nuwe popsnit heet Droomsindroom
- Amptelike musiekvideo, heeltemal op 8mm-film geskiet
- Kirsten en Kyle Schlebusch het verfilm en geredigeer
- Amouré Adendorff was videograaf en vervaardiger
Droomsindroom is ‘n popliedjie van Jonk en Danig. Die amptelike musiekvideo is op 27 Julie 2023 uitgereik en volg twee boeties wat met ‘n filmkamera terug in die tyd gaan, op soek na wat dit beteken om jonk en danig te wees. Al die beeldmateriaal is op 8mm-film vasgevang en vervaardig, met ‘n vintage Sharp-filmkamera.
Kirsten en Kyle Schlebusch was verantwoordelik vir die kamerawerk en redigering, en tree ook self as dansers en akteurs op. Amouré Adendorff was videograaf en vervaardiger. Rollercade Pretoria het sy lokaal vir die video beskikbaar gestel, en Vernon McLean maak ‘n kort verskyning, saam met die hondjie Koda.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.