- Werner Van Der Hoven sing die popliedjie Wynland
- Wynland is Werner se eerste Afrikaanse enkelsnit
- Video is deur Marguerite van Eeden geregisseer
- Verfilm op Bellevue Wine Estate en Koopmanskloof Winery
Wynland is die eerste Afrikaanse enkelsnit van Werner Van Der Hoven. Die popliedjie is ‘n liefdeslied wat die geliefde met die wynland vergelyk, met beelde van wingerde, druiwe, parstyd en die kelder. Die enkelsnit is nou op al die stroomdienste beskikbaar.
Marguerite van Eeden het die video geregisseer, met Damiane van Reenen as kinematograaf en redigeerder en Roy Harris as vervaardiger. Die wingerdtonele is op Bellevue Wine Estate verfilm, en die keldertonele by Koopmanskloof Winery. ‘n Perd met die naam Miesca, van Green Acres Riding School, verskyn ook in die video.
Die besonderhede
Meer: die nuutste musiekvideo’s en die Spotify TOP 100 Afrikaanse Treffers.